Wie en wat is ISS?

Die Infeksiesiektes Sentrum (ISS) is 'n multidissiplinęre entiteit wat die voorkoming en beheer van infeksies en infeksiesiektes op streeks- en nasionale grondslag in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ondersoek. Die doel is om 'n wetenskaplik gebaseerde diens met betrekking tot die voorkoming, diagnose en behandeling van infeksiesiektes te lewer. Die sentrum sal sy grondslag van wetenskaplike kennis en vaardighede deur die aanbieding van 'n wye reeks formele (op voor- en nagraadse vlak) en informele onderrig- en opleidingsprogramme oordra.

ISS integreer die volgende dissiplines as medewerkende funksionele gebiede op 'n gedeelde diens- en akademiese platform:

  • Die funksionele gebied van infeksiesiektes by volwassenes
  • Die funksionele gebied van pediatriese infeksiesiektes
  • Die funksionele gebied van die patologie van infeksiesiektes
  • Die funksionele gebied van die voorkoming en beheer van infeksie
  • Aspekte rakende openbare gesondheid van infeksiesiektes
  • Die maatskaplike en etiese aspekte van infeksiesiektes
  • Die molekulęre biologie van infeksiesiektes as ʼn basiese wetenskaplike hulpmiddel vir die ondersteuning en ontwikkeling van die kliniese wetenskappe

ISS streef die volgende doelstellings na:

Navorsing: Die verbetering van die begrip van infeksies en infeksiesiektes in ons gemeenskappe ten opsigte van die patogenese, epidemiologie, voorkoming, behandeling en versorging daarvan.

Onderrig en opleiding: Die voorsiening van ʼn platform vir formele voor- en nagraadse programme oor verskeie aspekte van infeksie en infeksiesiektes. Die onderrig- en opleidingsplatform sal ook as wegspringplek vir kort- en informele kursusse vir beroepspersoneel in gesondheidsorg dien. 

Diens: Diensverskaffing op die gebiede van diagnose, bestuur en infeksiebeheer en  voorkoming.



All rights reserved © 2007 Faculty of Health Sciences  Terms of use