|
Die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO), voorheen Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig, het vroeg in 2006 tot stand gekom. Die Sentrum is geleë in die Kliniese gebou op die 1ste vloer van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
Die SGBO beywer sigself vir die stimulasie en bevordering van die akademieskap van leer en onderrig in die Gesondheidswetenskappe. Ons wil dus graag, deur opleiding van dosente in die wetenskap en kuns van bewysgebaseerde onderrig en die stimulasie van navorsing oor die veld, verseker dat ons studente hoë gehalte en koste-effektiewe opleiding ontvang en op so 'n wyse 'n bydrae maak tot die voortdurende verbetering van gesondheidsorg.
Die SGWO word deur die volgende beginsels aangedryf:
- Uitmuntende wetenskapsbeoefening
- Kultuur van diversiteit:
- Gemeenskapsgeoriënteerde benadering
- Interdissiplinariteit
- 'n Leer kultuur
Indien u meer te wete wil kom oor ons unieke sentrum is u baie welkom om ons te kom besoek of te kontak:
Me Lesinda Daniels Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO) Fakulteit van Gesondheidswetenskappe Stellenbosch Universiteit Posbus 19063, Tygerberg, 7505 Tel: +27 21 938 9054 Faks: +27 21 938 9046 E-pos: lesinda@sun.ac.za
|
 |