Kliniese Vaardigheidsentrum

Die Kliniese Vaardigheidsentrum (KVS) is 'n akademiese ondersteunings fasiliteit waar van hulpmiddels gebruik gemaak word om studente instaat te stel om op 'n vroeë stadium die voorgeskrewe psigomotoriese en affektiewe uitkomste van die onderskeie kurrikula van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe te bemeester. Laasgenoemde sluit vaardighede in soos kommunikasie, kliniese ondersoekmetodes en prosedures. Die hulpmiddels beskikbaar sluit in anatomies getroue modelle en simulators, oudio-visuele toerusting in konsultasiekamers met aangrensende observasiekamers agter eenrigtingglas, asook rekenaartoerusting, Studente kry die geleentheid om hier kliniese vaardighede met behulp van rekenaar-tegnologie waar te neem, demonstrasies deur 'n dosent by te woon en om aan aktiwiteite onder leiding van 'n dosent of tutor deel te neem, opgevolg deur selfdoen en inoefening van die vaardighede.


Die KVS bestaan onder meer uit die volgende areas:

  • Areas vir die leer en inoefening van kliniese ondersoekmetodes en praktiese prosedures op modelle en simuleerders.
  • Konsultasiekamers wat toegerus is met oudio-visuele toerusting en aangrensende observasie kamers, waar groepe van 15-20 studente die neem van 'n geskiedenis en ondersoek van 'n pasiënt deur medestudente of gesimuleerde pasiente agter eenrigting glas kan waarneem.
  • 'n Veeldoelige area van 140 m2  toegerus met ondersoekbanke, bedskerms, stoele, blaaiborde,  oorhoofse en rekenaar projeksie fasiliteite.
  • 'n Goed toegeruste teater met 'n werkende narkose masjien en defibrillator asook 'n Gevorderde Lewensondersteunende model waarop verskillende kardiale disritmes gesimuleer kan word.

Alhoewel bogenoemde aktiwiteite nie enige kliniese onderrig tydens pasiënte kontak vervang nie, word studente van alle disiplines in gesondheidsorg op dié wyse in 'n ontspanne atmosfeer voorberei vir 'n veiliger werksomgewing. Verder word begrip en respek vir die onderskeie rolle van gesondheidswerkers in 'n multidissiplinêre gesondheidspan bevorder.

Kontakpersoon:
Mev Elize Archer
Tel: 021 938 9647



» Klik hier vir werkswinkels wat aangebied word (2012)

Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik