MPhil in Gesondheidswetenskappe Onderwys-program

Gesondheidwetenskappe Onderrig (GWO) is 'n vinnig groeiende veld van kennis wat internasionale belangstelling en ondersteuning geniet.  Verskeie individue in Afrika, sowel as in Suid-Afrika, streef daarna om dit as 'n professie te beoefen. Verskeie instellings bied 'n nie-krediet draende ondersteuningsprogram vir hulle personeel aan.

Die Fakulteit Gesondheidwetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch het die MPhil graad in Gesondheidswetenskappe Onderwys in 2008 ingestel sodat voldoen kan word aan die behoefte vir 'n nagraadse kwalifikasie en om by te dra tot die korpus van kennis op hierdie gebied, veral in die Afrika-konteks.

Die program is ontwikkel deur 'n interdissiplinêre span van die Fakulteite Gesondheidwetenskappe en Opvoedkunde en die Sentrum vir Onderrig en Leer met die fokus op 'n interdissiplinêre gemeenskapsgebaseerde benadering wat van toepassing is op Afrika.  Behalwe die een kontakweek per jaar, sal die program grotendeels deur middel van tegnologie aangebied word.  Studente sal geassesseer word deur middel van werksopdragte wat uitvoerbaar is in hulle  eie werkomgewing en wat dus die teorie en praktyk relevant en nuttig sal maak in  hulle eie omstandighede.

Kundiges in Gesondheidwetenskappe Onderrig aan die Universiteit van Stellenbosch, sal hierdie program aanbied.  Dit sal ook gedoen word in noue samewerking met die Fakulteit Opvoedkunde en die Sentrum vir Onderrig en Leer.

» Kliek hier om die brosjure af te laai.

Vir navrae kontak:

Me Lorraine Louw
Tel: 021 938 9054
E-pos: Mev Lorraine Louw

Vir registrasie kontak:

Me Genevieve Fillis
Fakulteitsbeampte
Tel: +27 21 938 9235
Faks: +27 21 938 9060
E-pos: Me Genevieve Fillis



Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik