Die navorsing wat hier gelys word is almal onderriggedrewe studies wat deur die personeel of medewerkers van die SGWO gedoen word. Die studies weerspieėl hoe sekere dosente in hul spesifieke kliniese veld onderrig en leer bevorder.
Verskeie fondse is vir hierdie projekte beskikbaar. FINLO fondse word twee keer per jaar toegeken. Vir meer besonderhede hieroor kontak gerus vir Jean Farmer SOL (Sentrum vir Onderrig en Leer).
Huidige FINLO projekte:
» Vervreemding en betrokkenheid in in die voorgraadse (eerste jaar) van studie in die Gesondheidswetenskappe
Prof. Juanita Bezuidenhout, Dr. A Louw, prof. B Page, prof. BB van Heerden, prof. E Wasserman, Me. M van Heusden, prof. MR de Villiers
» Vervreemding en betrokkenheid in nagraadse studie in Patologie
Prof. Juanita Bezuidenhout (Mede-werker SGWO), Dr. F Cilliers, prof. E Wasserman, prof. VC Burch (UCT), M van Heusden
» Evaluering van 'n nuwe kortkursus: Kliniese begeleiding van voorgraadse studente
Sr. Elize Archer, M van Heusden
» Die gebruik van gesimuleerde pasiėnt-scenario's om basiese kliniese vaardighede te onderrig en te leer
Sr. Elize Archer, Adele de Villiers
» Perspektiewe van studente oor die fondasiefase van die hersiene kurrikula van sekere voorgraadse programme van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe: Implementering 2008.
Dr AJN Louw, J Bezuidenhout; BB van Heerden; M van Heusden
» 'n Vergelyking tussen die perspektiewe van studente en dosente oor Fase II van die hersiene kurrikulum (implementering 2008) en dié van die vorige kurrikulum van die MB,ChB program van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr AJN Louw
» Ekstra-kurrikulźre Leierskapsbetrokkenheid van Gesondheidswetenskapstudente aan die Universiteit Stellenbosch
Louise Walker (MB, ChB VI), Prof Ben van Heerden, M van Heusden
» Die implementering van 'n mobiele-leer-module om die onderrig en leer van voorgraadse MB,ChB-studente te verbeter in die plattelandse primźre gesondheid-sorgkontekste op die Ukwanda-platform (Fakulteit van Gesondheids-wetenskappe, US)
Prof. Hoffie Conradie, Dr. J.P Bosman, Prof BB van Heerden; Mev MHP van Heusden
» Die gebruik van kliniese opvolg-besoeke om die onderrig en leerpraktyk in die Kliniese Vaardigheidsentrum toe te lig - Aksienavorsing.
Estelle Smuts, E Archer, A de Villiers
» Kort kursus in voorgraadse kliniese toesighouding. Die invloed op die persoonlike en professionele groei van beide toesighouers en studente.
Me A.M.S. Schmutz (Fisioterapie), Sr. E. Archer, Me M. van Heusden
» Evaluering van die impak van die gebruik van PowerLab® LabTutor® System om die Spirometrie aan mediese studente te onderrig
Dr SS du Plessis (Fisiologie), Dr JG Strijdom (Fisiologie) Me E Archer (KVS), Mev. MHP van Heusden (SGWO).
» Die invloed van konsep-kaarte op leer en evaluering in Nagraadse Interne Geneeskunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch.
Dr Steve Walsh (Senior Spesialis - Interne Geneeskunde), Prof Ben van Heerden (Direkteur - SGWO), mev. Martie van Heusden (SGWO).
» Die invloed van 'n diensleer-kurrikulumontwerp op die pesepsie van studente met betrekking tot geestesgesondheid in die Psigiatrie-module in die Middel Kliniese Rotasie in die MB, ChB-program van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, US
Dr Stefanus Snyman (SGWO), Dr Antoinette Smith-Tolken
» Evaluering van die faktore wat bydra tot die gebrek aan vordering in die opvolgende fase(s) van die MB,ChB/BSc Fisioterapie-program deur studente wat die Verlengde Graadprogram voltooi het.
AJN Louw, A Bawoodien; G Young; L Crous
» Verhoging van motivering en leer by VGP- (Verlengde Graadprogram) student deur 'n Diensleer (DL) komponent in 'n eerstejaarsmodule
A de Villiers, AJN Louw, MHP van Heusden
Onderrigtoekennings:
» Evaluering van Kliniese Vorderingsintervensie vir geneeskunde studente wat nie akademiese vordering toon nie.
Prof Marietjie de Villiers (Mede-werker SGWO), Me Martie van Heusden, Prof Ben van Heerden
Ander:
» Die gebruik van neurale netwerk analise om die prestasie van eerstejaarstudente in die mediese kurrikulum te voorspel
Prof Ben van Heerden, Chris Aldrich, Alten du Plessis, Rita de Jager en Alwyn Louw. Fakulteite van Gesondheidswetenskappe en Ingenieurswese, Akademiese Steundienste en Inligtings-tegnologie, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
» Evaluering van generiese vaardighede van eerstejaar- mediese studente
Prof BB van Heerden, Prof MR de Villiers (SU), dr AJN Louw (SU) prof Enoch Kwizera (Walter Sisulu Universiteit), dr Jackie van Wyk (Universiteit Kwazulu-Natal) en prof Debbie B Murdoch-Eaton - Hoofnavorser , (Universiteit Leeds, Verenigde Koninkryk).
» 'n Vergelyking tussen self-gerapporteerde vaardigheid en werklike vaardigheid van MB,ChB III-studente ten opsigte van basiese kliniese vaardighede
Elize Archer, Adele de Villiers
» 'n Ondersoek na die impak van die hersiene Praktiese Kliniese Blootstelling-module in die eerste jaar van die Verlengde Graadprogram op die kennis, houding en vaardighede van die studente ten op sigte van hul studie in die gesondheidswetenskappe.
Dr AJN Louw, MHP van Heusden
» Identifisering van redes waarom studente onsuksesvol was in hul finale MB, ChB eksamens (2008)
Dr Aziza Bawoodien, Prof BB van Heerden; Mev MHP van Heusden
» 'n Ondersoek oor die perspektiewe van eerstejaar Gesondheidswetenskappe studente (eerstetaalsprekendes in Afrikaans sowel as Afrikatale) oor die effektiwiteit van die taalondersteunings-inisiatief soos ingestel in die module: Chemie vir Gesondheidswet..
AJN Louw, M van Heusden; M De Villiers
» Die ontwikkeling, imlementering en evaluaring van 'n kortkursus in Objektiewe Gestruktureerde Kliniese Eksamen(OGKE) vaardighede
A de Villiers, E Archer
» Maak 'n gestruktureerde Dermatologie chirurgiese vaardigheidswerkswinkel 'n verskil aan studente-leer?
A de Villiers, W Visser, E. Smuts