Nuusargiewe


SGWO kry nuwe status en naam
Die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig (SGWO) se erkenning as 'n tipe-2 instelling van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is op 23 Maart 2012 deur die Senaat goedgekeur.  SGWO word nou as 'n akademiese sentrum erken. Daar is ook besluit om die Sentrum se naam, in ooreenstemming met internasionale praktyk, te verander na die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO).
Pryswenners Akademiese Jaardag 2011

Van links na regs: Prof M Clarke (Beoordelaar), prof M de Villiers (Visedekaan: Onderrig), dr K von Pressentin (Alg. wenner: Referate), dr AJN Louw (Wenner: Plakkaataanbieding), me J Voges (Onder 35 jarige wenner: Referate), prof BB van Heerden (Voorsitter), dr F Cilliers (Beoordelaar), Afwesig: Prof S Reid (Gasspreker en beoordelaar)  


  

AvOL Konferensie 16 en 17 Mei 2011


Merietesertifikate is by die afgelope AvOL-konferensie (16 en 17 Mei 2011) toegeken aan twee dosente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, nl. prof Dana Niehaus (Psigiatrie) en dr Stefanus Snyman (SGWO) vir hulle aanbiedings. Hier is dr Stefanus Snyman met die merietesertikaat wat hy ontvang het vir sy aanbieding, "A community service-learning approach to destigmatise student perceptions about psychiatric patients".

 

MPhil-studente

Die 2010 inname van studente vir die MPhil in Gesondheidswetenskappe Onderrig is vanjaar in die tweede jaar van die program en het die week vanaf 31 Januarie tot 4 Februarie by die SGWO deurgebring vir die jaarlikse kontakweek.  Op die foto verskyn voor links me Lorraine Louw (wat die administrasie van die program behartig) en twee van die dosente, dr Alwyn Louw en prof Ben van Heerden, saam met die studente.


Jaareindfunksie SGWO


Die SGWO-span het vanjaar besluit om soos toeriste die Kaap te verken.  'n Rooi besigtigingsbus het hulle van die Waterkant  na  Kirstenbosch geneem en daar afgelaai vir 'n heerlike piekniek. Almal was in 'n ontspanne luim en het die dag geniet. Die terugreis was via Houtbaai en Llandudno. Dit was 'n unieke en genotvolle spanbou-geleentheid wat 'n suksesvolle jaar op 'n hoë noot afgesluit het.

SGWO Direkteur ontvang Nasionale toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig en Leer

Prof Ben van Heerden het 'n spesiale erkenning vir sy besondere bydrae tot onderrig en leer ontvang, toe hy onlangs gekies is vir 'n Higher Education Learning and Teaching Association (HELTASA) Nasionale toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig en Leer. Hy is die direkteur van die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch.

HELTASA in samewerking met die Hoër Onderwys Gehalte-komitee gee jaarliks toekennings aan akademici van Hoër Onderwys instellings vir die uitnemendheid in onderrig en leer. Prof Van Heerden is een van vier uit 'n totaal van 24 kandidate wat van regoor Suid-Afrika gekies is.

Die oorhandiging was tydens die jaarlikse HELTASA-konferensie in Tzaneen op 23 November 2010.


Foto: Dr Lis Lange (CHE); Prof Vivienne Bozalek (UWK, ontvanger); Dr Brenda Leibowitz (Sameroeper van die Toekenningskomitee); Prof Ben van Heerden (US, ontvanger); Dr Elizabeth Brenner (Wits, ontvanger) Prof Melissa Steyn (UK, ontvang) Dr Matete Madiba (Heltasa voorsitter)


Plakkaat behaal 3de plek by AMEE-kongres

Prof Juanita Bezuidenhout, van die Afdeling Anatomiese Patologie en voorsitter van die Fase I van die MB,ChB-program, se plakkaat getitel "The Show MUST Go On" het onlangs by die AMEE-kongres (Association for Medical Education in Europe) in Glasgow, Skotland derde plek behaal. Die plakkaat handel oor hoe aspekte soos die bevordering van kritiese denke, 'n holistiese benadering tot pasiëntesorg, etiek, tydsbestuur, streshantering, taal- en kommunikasievaardighede en veel meer d.m.v. rolspel  aan gesondheidswetenskappe-studente gedemonstreer word, wanneer hierdie studente hul heel eerste klas aan die FGW bywoon.



SGWO se sessie met die fokus op Gesondheidswetenskaponderrig tydens die Akademiese Jaardag op 11 Augustus 2010 was baie geslaagd.  Van links na regs verskyn: Proff Jimmy Volmink (visedekaan: Navorsing),  Marietjie de Villiers - (visedekaan: Onderrig) wat opgetree het as gasspreker by die geleentheid, Elize Archer (Bestuurder: Kliniese Vaardigheidsentrum) - hooforganiseerder van die SGWO-sessie,  proff Ben van Heerden (Direkteur: SGWO) wat opgetree het as voorsitter van SGWO-sessie  en Razeen Davids, wenner van 1ste prys van R10 000, 00  vir sy aanbieding: "Development and usability evaluation of a web-based simulation for teaching electrolyte and acid-base disorders" . 'n Interaktiewe e-leer bron om studente en klinici te help om kundigheid in hierdie veld te ontwikkel is beskryf en gedemonstreer. Die evaluering van hierdie "Electrolite Workshop" het die bruikbaarheid met betrekking tot die beginsels van koppelvlakontwerp ingesluit asook die evaluering van ooreenkomstigheid met die beginsels van onderrigontwerp gebaseer op kognitiewe ladingsteorie.

'n R500-geskenkbewys is aan Prof Stefan du Plessis (Afdeling Mediese Fisiologie)toegeken vir die beste plakkaataanbieding oor "Teaching spirometry with the PowerLab® LabTutor® System: the Physiology experience." Hugo Botha en Gerhard van Schalkwyk (beide MBChB-studente) het die prys (R500-geskenkbewys) gewen vir die beste mondelinge aanbieding deur ‘n jong navorser (onder 35) met hul bespreking van "The discourse of final year medical students during clinical case presentations."
 

Dr JP Bosman gee aanbieding by die eLearning Africa 2010-kongres (Lusaka, Zambië)

Dr JP Bosman, een van die SGWO se mede-werkers, het die by die eLearning Africa 2010-kongres wat van 26 - 28 Mei 2010 in Lusaka, Zambië aangebied is, 'n aanbieding, Mobile learning in African rural health care settings for undergraduate medical students, gedoen. Dit was die 5th International Conference on ICT vir ontwikkeling, opvoedkunde en onderrig wat op die Afrika-kontinent gehou is. JP berig dat alle reëlings vanaf die beplanningsfase, die indien van die abstrak, aanvanklike kongresinligting en die kongres self, vlot verloop het. Behalwe die logistiek, was die algemene gehalte van die aanbiedings, die hoofsessies en ander sessies hoogstaande en hy het die gevoel gehad dat om daar te wees vir hom persoonlik, sowel as akademies en professioneel beslis die moeite werd was. Om kollegas uit Suid-Afrika en nuwe kollegas uit Afrika te ontmoet en om netwerke te bou met akademici en professionele persone van oorsee, het die reis na Zambië belangrik gemaak. Hy haal aan uit die kongres se webwerf: "eLearning Africa marked its fifth anniversary with a celebration of new ideas and inspirations - as well as a record number of 1778 delegates from 78 countries. Staged in the Zambian capital of Lusaka, Africa's largest conference on technology-enhanced education and training once more brought together senior governmental decision-makers, leading international organisations, universities and companies. With 86% of the participants coming from Africa, the gathering again proved to be a truly pan-African event."


Dr Johan Dempers (FGW Geregtelike Geneeskundige) het rede om in sy skik te lyk. Hy het die eerste prys verower vir sy aanbieding: "Hey, Tarantino, show me your pituitary!" In die projek waarvan hy die projekleier was, is onderrignavorsing gedoen deur ondersoek in te stel na die wyse waarop nagraadse studente wat in Forensiese Patologie spesialiseer, geassesseer word.  Hy het by die Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (11 en 12 Mei 2010) op Stellenbosch die gehoor laat regop sit tydens 'n vertoning van sy innoverende voorstel dat video-gebaseerde portefeuljes wat deur die student self gemaak is van spesifieke prosedures, 'n haalbare en toepaslike metode is om die tegniese vaardighede wat ontwikkel het en leer wat plaasgevind het by nagraadse studente te assesseer. Die projek is deur FINLO befonds en die prysgeld moet aangewend word om 'n aan 'n oorsese konferensie oor onderrig en leer deel te neem. Dr Dempers is ook 'n SAFRI-genoot. Saam met hom op die foto verskyn prof Juanita Bezuidenhout,  FGWAfdeling Anatomiese Patologie wat een van die medewerkers was. Die ander twee medewerkers was JJ Janse van Rensburg en M Verster.



 


Jack Boulet van die "Foundation for Advancement of International Medical Education and Research (FAIMER), Philadelphia, USA" het vir die SGWO hier by die fakulteit 'n sessie aangebied oor Performance based assessment. Die sessie is bygewoon deur ongeveer 35 persone van 'n aantal Hoër Onderwys instellings in die Kaap. Op die foto is Elize Archer (SGW0), Jack Boulet (spreker) , prof Ben van Heerden (Direkteur SGWO), prof Vanessa Burch (UK), dr Francois Cilliers (SOL), prof Juanita Bezuidenhout (FGW) en Wendy McMillan (UWK).


Kort kursus in Voorgraadse Kliniese Toesighouding

Die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig (SGWO) is baie opgewonde oor die eerste kort kursus wat aangebied word. Hierdie kort kursus is toepaslik vir alle personeel in die Gesondheidswetenskappe. Die eerste kursus is gedurende Julie 2008 aangebied. Die kursus is deur 1 mediese dokter, 8 fisioterapeute en 7 arbeidsterapeute bygewoon. Die kursus bestaan uit 'n kort kontaksessie en daarna word dit as afstandsonderrig aangebied. Sodra die studente die kontaksessie bygewoon het, deur die studiegids gewerk het en ook 'n opdrag suksesvol voltooi het, ontvang hulle 'n kortkursus-sertifikaat asook 25 VPO-punte.

Die volgende onderwerpe word in die kursus behandel:

  • Die beginsels van kliniese onderrig en fasilitering
  • Hoe volwassenes leer
  • Leer in 'n kliniese omgewing
  • Verskillende tegnieke om leer in 'n kliniese omgewing te fasiliteer
  • Assessering in die kliniese omgewing
  • Terugvoer

Die volgende kursus sal aan die begin van 2009 aangebied word. As u enige navrae het, tree asseblief met Elize Archer in verbinding by 021 938 9647 of kontak haar elizea@sun.ac.za.



 


Prof. Ben van Heerden, Direkteur van die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig is uitgenooi om op te tree as 'n Global Faculty Adviser (GFA) vir die FAIMER instituut. Global Faculty Adviser (GFA) is FAIMER alumni wat hul deur hul hoë vlak van deelname getoon het dat hulle die doelstellings van FAIMER ondersteun.

"We believe that your medical education expertise, internet communication skills, and direct experience and interest in the FAIMER Institute will substantially enhance the program. Through the GFA role, the FAIMER Philadelphia Institute is seeking to increase international faculty involvement. This role serves to both deepen the faculty's learning and understanding of the Institute educational strategies, and to increase the international perspective for the Institute Fellows. "



Prof. Roger Moni van die Universiteit van Queensland, Australie het op 22 Mei 2008 as deel van die SGWO se akademiese program vir 2008 gepraat oor Developing effective learning through group work - a priority of teaching-focused scholarship. Foto: Prof Ben van Heerden, Prof Roger Moni, dr. Karin Moni en Elize Archer (Kliniese Vaardigheidsentrum)



Die eerste SAFRI (Southern Africa Faimer Regional Institution) genote en fasiliteerders tydens hul eerste kontakgeleentheid wat in Februarie 2008 in Kaapstad gehou is.


Eerste MPhil Gesondheidswetenskappe Onderrig studente arriveer

 


Die eerste sewe MPhil in Gesondheidswetenskappe Onderrig studente se kontakweek het op 25 Februarie by die Sentrum vir Gesondheidswetenskappe Onderrig (SGWO) begin. Die studente woon klasse by wat deur dosente van SGWO, Sentrum vir Onderrig en Leer en die Opvoedkunde Fakulteit aangebied word. 


  • Mev Debbi Marais van die Menslike Voeding afdeling, Stellenbosch Fakulteit Gesondheidswetenskappe en 'n medewerker van die SGWO, het onlangs die Rektorstoekenning vir Voortreflike Onderrig ontvang.
  • Prof Anton Doubell van die Kardiologie afdeling, Stellenbosch Fakulteit Gesondheidswetenskappe en medewerker van die SGWO, het onlangs die Fakutleitstoekenning vir Voortreflike Onderrig ontvang.
  • Mev Myrna van Zyl, Administratiewe Assistent van die SGWO, het onlangs die Rektorstoekenning vir Voortreflike Diens ontvang.
Kliniese Vaardigheidsentrum stel nuwe toerusting bekend

Die Kliniese Vaardigheidsentrum het onlangs nuwe toerusting aan werknemers van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bekendgestel. Dit sluit in 'n nuwe ALS mannekin, ginekologiese modelle asook selfvervaardigde KPR DVD's.



Hoogtepunte

  • Die MPhil GWO program is die afgelope semester deur die Senaat en Nasionale Departement van Onderwys goedgekeur.
  • Prof Bouhuijs, werksaam by SGWO, is as Buitengewone Professor in die departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe aangestel.
  • Dr Aziza Bawoodien is aangestel as Kliniese Vorderingsfasiliteerder (pos befonds vir 2 jaar deur die diversiteitsfonds van die US).
  • Me Martie van Heusden is aangestel as Ondersteuner vir Mede-werkers van die SGWO vanaf 1 Augustus 2007.

 


Elize Archer, Bestuurder van die Kliniese Vaardigheidsentrum en SGWO  personeellid

Die Rektorstoekenning vir voortreflike onderrig vir die Fakulteit Gesondheidswetenskappe vir 2009 is toegeken aan

Dr  Pieter le Roux van die Departement Anestesiologie en Kritieke Sorg

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is goed verteenwoordig by die 3de Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie wat onlangs te Somerset-Wes plaasgevind het. Die Fakulteit het 14 voordragte aangebied waarvan 4 meriete toekennings ontvang het. Personeel wat gehelp het om die Fakulteit se naam hoog te hou is prof Dana Niehaus (voor links), prof Marietjie de Villiers, dr Liezl Koen, dr Johan Dempers, prof Juanita Bezuidenhout, me Juanita Bester (agter links) en me Martie van Heusden (SGWO).

Fakulteit hou naam hoog by SOTL-konferensie

Geluk aan dr Alwyn Louw wat die prys vir die beste plakkaat onlangs by die AMEE internasionale kongres in Malaga, Spanje ontvang het. Die plakkaat-kompetisie het uit 'n totaal van 650 plakkate bestaan. Medewerkers aan die plakkaat was me Martie van Heusden, proff Ben van Heerden en Juanita Bezuidenhout.




Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik