Sedertdien ons deure meer as 50 jaar terug op die mees suidelike punt van Afrika geopen is, het die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch ontwikkel tot 'n onbestrede en onmisbare leier in die veld van gesondheidswetenskappe in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent.

Die Fakulteit se posisie in akademiese gesondheid is uniek. Ons moderne infrastruktuur en gesofistikeerde navorsingsfasiliteite gekombineer met ons interaksie in ons gemeenskappe wat deur 'n wye reeks siektes geaffekteer word waarvan baie selde in die moderne wêreld gesien word, bied samewerkings-navorsingsgeleenthede aan ons studente, navorsers en klinici wat tot 'n internasionale bron van kennis bydra.

Hierdie kennis bou kapasiteit in alle sfere van gesondheidsorg, spesifiek op die Afrika-kontinent, maar met belangrike implikasies wêreldwyd.

Kom deel dit saam met ons!


Fakulteitnuus      

Deel in die sosiale netwerke van 
Universiteit Stellenbosch

Facebook twitter Flickr Media foto's YouTube LinkedIn


» Fakulteitsalmanak 2012

Naamsverandering vir die Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Die fakulteit se naamsverandering is deur die Universiteitsraad goedgekeur. Die fakulteit staan nou bekend as die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Die beweegrede vir die naamsverandering was hoofsaaklik gebaseer op twee oorwegings. Lees meer...


Intreerede: Prof Jonathan Carr

Prof Jonathan Carr, van die Afdeling Neurologie, het onlangs sy intreerede, "Parkinson's Disease in 2012: So near, and yet so far", gelewer te Tygerbergkampus. Foto (links agter): Proff Nico Gey van Pittius (Direkteur: Navorsing) en Marietjie de Villiers (Visedekaan: Onderrig); (links voor) Proff Wynand van der Merwe (Universiteit Stellenbosch Waarnemende Viserektor: Onderrig); Jonathan Carr en Jimmy Volmink (Dekaan).


HOOP Projek sukses: Rektor bedank US-personeel
Dit is die harde werk van personeel - akademici en steundienspersoneel - wat tot die suksesse van die Universiteit Stellenbosch (US) se HOOP Projek gelei het. "En daarvoor moet ek vir julle bedank," het prof Russel Botman, US Rektor, Woensdag (11 April) gesê tydens 'n geleentheid waar personeel onthaal is ter viering van die HOOP Projek se suksesse. Lees meer...

 


Prof Jimmy Volmink (dekaan) wys sy ondersteuning van die HOOP Projek, deur sy handafdruk op 'n banier met die HOOP-embleem te maak. Regs op die foto is me Jo-Ann Bate, Tygerberg Studenteraadlid vir gemeenskapsinteraksie. 


Fakulteit pak gelykheid, diversiteit en transformasie aan

Die Universiteit Stellenbosch (US) moet erns maak van sy pogings om die institusionele kultuur van die Universiteit meer veeltalig te maak en meer inklusief en verwelkomend teenoor almal te wees, het professor Russel Botman, Rektor, op Donderdag 22 Maart by die bekendstelling van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (FGW) se strategie om Gelykheid, Diversiteit en Transformasie 'n werklikheid te maak gesê. Lees meer...


Entoesiastiese ondersteuning vir Tygerberg se rugbyspan

Prof Jimmy Volmink, Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe (FGW), was van die personeellede en studente wat die Tygerbergkampus rugbyspan ondersteun het  in 'n vriendelike wedstryd teen Universiteit Kaapstad (UK) se FGW. Tygerberg het met 'n telling van 38-7 geseëvier. Dit was een van twee wedstryde wat geskeduleer is. Die volgende wedstryd sal by UK op 1 Junie 2012 plaasvind ter viering van hulle Fakulteit se 100ste bestaansjaar.
Foto (vlnr):  Me Jo-Ann Bate (Tygerberg Studenteraad lid); Mnr Ivando Maki (UK verteenwoordiger); Prof Jimmy Volmink en me Mariechen Puchert (Tygerberg Studenteraad Voorsitter).




A-gradering vir Professor in Pediatrie
Prof Simon Schaaf, 'n kliniese navorser, is onlangs erken vir sy navorsingsvoortreflikheid in die gebied van kinder TB en middelweerstandigeTB, toe hy 'n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang het. Schaaf is van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Hy is tot dusver die tweede navorser in die Fakulteit Gesondheidwetenskappe om 'n A-gradering te ontvang. Lees meer...


Aartsbiskop Tutu wys sy steun vir die bewusmaking van tuberkulose onder kinders 


Emeritus-aartsbiskop, Desmond Tutu, steun 'n groep van 15 dokters en navorsers, meestal van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Desmond Tutu TB-sentrum, wat aan die Cape Argus Pick 'n Pay-fietstoer gaan deelneem. Die groep neem aan die toer deel om mense bewus te maak van tuberkulose onder kinders. Lees meer...


Bemoedigende nuwe navorsing oor die behandeling van MIV-babas

Prof Mark Cotton van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch - in samewerking ander Suid-Afrikaanse navorsers en internasionale befondsingsorganisasies - het egter nou getoon dat babas wat uit die staanspoor vir ‘n jaar of twee ART-behandeling ontvang, en hierdie behandeling dan vir ‘n tydperk onderbreek word, ‘n beter kans het om teen hulle vyfde verjaardag nog te leef en goeie gesondheid te geniet as babas wat die standaardbehandeling ontvang het. Lees meer...



 

Farmakologie studente ontvang beurse van Janssen Suid-Afrika

Nege studente, wat vir 'n tweejaar deeltydse nagraadse diploma in Farmaseutiese Geneeskunde by Universiteit Stellenbosch (US) ingeskryf is, het beurse met 'n totale waarde van R200 000 van Janssen Suid-Afrika, ontvang. Die beurse is tydens 'n funksie op 17 Februarie 2012 oorhanding. Lees meer...


Foto (vlnr): Prof Bernd Rosenkranz, mnr Nkgoehle Solomon Mokonyne, (student), met me Yolisa Xuza (student) en me Abeda Williams (Mediese Direkteur: Janssen Suid-Afrika).



Verhoudinge met UMC Utrecht versterk

Afgevaardigdes van die Universiteit Mediese-sentrum Utrecht (UMC) in Nederland, het onlangs Universiteit Stellenbosch, Fakulteit Gesondheidswetenskappe besoek met die doel om die huidige studente uitruilprogram ooreenkoms te vernuwe asook uit te brei.

Die afgevaardigdes het verskeie strategiese besprekingsessies met Fakulteitsbestuur en personeel van deelnemende akademiese afdelings en departemente gehad.  Daar is onder andere toekomstige samewerking in onderrig en navorsing, die struktuur en inhoud van die geneeskundige kurrikulum en die kwaliteit van die kliniese klerkskap bespreek. Lees meer...


Foto: Utrecht afgevaardigdes saam met Fakulteitsbestuur



Eerstejaars het aan 'n trollieresies by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe deelgeneem. Op die foto is studente van Meerhoff -koshuis besig om reg te maak vir hulle resies teen die ander koshuise.


Eerstejaars arriveer op kampus


Die fakulteit se amptelike verwelkomingsprogram het 26 Januarie met 'n byeenkoms in die TSS sportsaal afgeskop. Die eerstejaars het na afloop van die verrigtinge aan 'n 'Amazing Race' deelgeneem. Hulle moes 20 plekke op kampus, wat hulle tydens hulle opleiding sal gebruik, opspoor. Hierdie plekke het onder andere die Morfologie museum, Kliniese Vaardigheidslaboratorium en biblioteek ingesluit.
Klik hier vir foto' s op Facebook
Klik hier vir 'n video op YouTube 


US gereed om eerstejaars te verwelkom
Die nuwe akademiese jaar is met ons en die Universiteit Stellenbosch (US) is gereed om al die nuwelinge eerstejaars...

» Verwelkomingsweekprogram 2012

Nuwe alumni webtuiste is hier!
Die webtuiste vir alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) spog met 'n nuwe voorkoms en adres. By alumni.sun.ac.za...


Fakulteit Gesondheidswetenskappe studente vang graad
Lees meer ......

Tien mediese dokters slaag hul grade met onderskeiding
Vanjaar het die Fakulteit ook tien mediese dokters opgelewer wat hul grade met onderskeiding geslaag het - die meeste ooit in die Fakulteit se geskiedenis.
Foto:  Anton Jordaan, SSFD

Eerste agt MB, ChB-studente voltooi opleiding op landelike platform
Onder Dinsdag se graduandi was die eerste agt MB, ChB-studente wat hul kliniese opleiding aan die US se Ukwanda Landelike Kliniese Skool ontvang het en so hul finale jaar van studie suksesvol op 'n landelike platform voltooi het.
Foto:  Anton Jordaan, SSFD

MB, ChB-Pryswenners
Hierdie studente het erkenning ontvang vir hul harde werk en toewyding.
Foto:  Anton Jordaan, SSFP

Eedaflegging by Fakulteit Gesondheidswetenskappe


Graduandi in die graadprogramme B in Arbeidsterapie, BSc in Dieetkunde, BSc in Fisioterapie, B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie het tydens die jaarlikse plegtigheid by die FGW hulle onderskeie ede afgelê. Hierdie geleentheid is 'n belangrike deel van die verrigtinge tydens die toekenning van grade aan Gesondheidswetenskappe graduandi. Soos beaam deur die dekaan, prof Jimmy Volmink, " Deelname aan die eedafleggingseremonie dien as bevestiging dat studente die Eed van Graduandi persoonlik afgelê het en hulle name in die Grootboek van die Fakulteit geteken het. Die eedaflegging is sonder twyfel een van die mees belangrike gebeurtenisse in die loopbaan van 'n student aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Ons vertrou dat dié eed die norm sal wees waarop hulle professionele loopbaan geskoei sal wees."

Op die foto is al die pryswenners in die onderskeie graadprogramme saam met die dekaan, prof Jimmy Volmink en die programkoördineerder vir Aanvullende Gesondheidswetenskappe, prof Usuf Chikte.
Foto: Anton Jordaan, SSFD



Fakulteit Gesondheidswetenskappe spog met twee nuwe Sentrums vir Uitnemendheid


Lees meer ...

Intreeredes:  Proff Marietjie Herselman en Milla McLachlan - 2 November 2011

 

Prof Marietjie Herselman: Lees meer ...
Prof Milla McLachlan: Lees meer ...

Gekeurde leerders

Prof Jimmy Volmink, Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, saam met al die leerders op die foto.

Die Fakulteit Gesondheidswetensdkappe het onlangs 70 leerders genooi om die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus te besoek. Leerders is aan die fakulteit se fasiliteite, ondersteuningsdienste en kampuslewe blootgestel vanaf Woensdag 5 Oktober tot Vrydag 7 Oktober 2011. Uit hierdie groep is 55 gekeur vir die MB ChB program, 7 vir Arbeidsterapie, 6 vir Dieetkunde en 2 is gekeur om Fisioterapie te studeer in 2012.


 

ARESA vakleerlinge

(Agterste ry vlnr): Dr Blanche Pretorius, dr Prem Govender, dr Beyene Ademe, mev Margaret Ellis,mev Adri Labuschagne, mnr Thabo Molebatsi.  (Middelste ry vlnr): adv Jamwell Maswanganyi, dr Ronell Leech, dr Geremew Tsegaye, dr Tina Malan, mev Jane Nabbuto, mev Sabina Luputa. (Voorste ry vlnr):  Dr Andra le Roux-Kemp - ARESA Koördineerder, prof Keymanthri Moodley - Hoofnavorser ARESA, prof Stuart Rennie - Mede-Hoofnavorser ARESA.

Die eerste inname van 'n groep ARESA vakleerlinge wat ingeskryf het vir die nagraadse diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek het op 10 Oktober plaasgevind.  Hierdie is die eerste van drie verpligte kontaksessies wat beplan is vir 2011- 2012 se akademiese jaar.  Die nagraadse diploma is 'n nuwe (en binnekort 'n Departement van Onderwys geakkrediteerde) akademiese program wat deel  vorm van die ARESA-projek wat deur die National Institutes of Health (NIH) befonds word.  Hierdie is 'n omvattende samewerkingsprojek van die Sentrum van Bioetiek en Wetgewing (Universiteit Stellenbosch) en die Sentrum van Bioetiek (Noord-Carolina Universiteit - Chapel Hill).  Een van die doelwitte van hierdie projek  is vir gevorderde vaardigheidsontwikkeling via navorsingsetiekopleiding in Suid-Afrika.  Die tien geselekteerde ARESA vakleerlinge sluit in verteenwoordigers van Suid-Afrika, Zambië, Ethiopië en Uganda.  Daar is ook deelnemers wat die module bywoon as 'n kortkursus.

Eerste navorsingsresultate

(Op die foto is vlnr) Dr Jan Gossage, University of New Mexico; prof Jimmy Volmink, Universiteit Stellenbosch; prof Phil May, Universiteit van New Mexico; prof Charles Parry, Mediese Navorsingsraad; Prof Willie Pienaar, Universiteit Stellenbosch; prof Cudore Snell, Howard University School of Social Work, mnr Robert McDonald, Ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling, Wes-Kaap; prof Colleen Adnams, Universiteit van Kaapstad; prof Soraya Seedat, Universiteit Stellenbosch.

Die Fetale Alkohol Sindroom Voorkomingstudie - wat die afgelope 4 jaar in die dorpe Wellington, Bonnievale, Robertson, Ashton en Montagu gedoen is - se eerste navorsingsresultate is onlangs aan rolspelers en die media bekendgemaak tydens 'n inligtingsdag te Bellville-kampus. Hierdie studie is deel van 'n samewerkingsooreenkoms waarby die Universiteite van New Mexico, Stellenbosch en Kaapstad, asook die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika betrokke is.


Eerste groep maatskaplike werkers voltooi hul opleiding

Foto:  (Agter en middelste ry) Maatskaplike werkers saam met (voor v.l.n.r) me Loren Human (Opleidingsbeampte), prof Bob Mash (Hoof:  afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg), mnr Dick Smith (Hoof:  Middelmisbruikprogram, departement van Maatskaplike Ontwikkeling), en me Nosia Mayosi (Medewerker: departement van Maatskaplike Ontwikkeling).

Met die deurlopende probleem van alkohol en middelmisbruik in die Wes-Kaap, het die departement van Maatskaplike Ontwikkeling die afdeling van Huisartskunde en Primêre Sorg genader om hul behulpsaam te wees met die opleiding van hul maatskaplike werkers in motiverende gespreksvoering en berading met kliënte.

Die eerste groep maatskaplike werkers het hul opleiding voltooi en hul sertifikate ontvang op 16 September 2011.



55ste Akademiese Jaardag 2011

Op die foto van links na regs:  Prof Nico Gey van Pittius (Direkteur: Navorsing), dr Therese Fish (Visedekaan:  Gemeenskapsdiens en -interaksie), prof Valerie Corfield, gasspreker  wat oor die onderwerp  - The Science Communication Scene in South Africa: what's happening and who really cares? gepraat het  en prof Jimmy Volmink (Dekaan).

Die fakulteit se 55ste Akademiese Jaardag was gehou op 17 en 18 Augustus. Vir meer inligting in verband met die pryswenners in die onderskeie kategorieë kliek op die onderstaande skakel.

» Pryswenners

Minister Theuns Botha besoek studente

Op die foto vlnr:  Me Naqita Alexander (student), prof Jimmy Volmink (Dekaan), minister Theuns Botha (Minister van Gesondheid:  Wes-Kaap) en mnr Sheldon Marais (Voorsitter: TSR).
Mnr Theuns Botha het op uitnodiging van die Tygerberg Studenteraad 'n geselligheid 19 Augustus bygewoon, waartydens hy die finalejaarstudente ingelig het oor die belangrikheid van hul teenwoordigheid hier in Suid-Afrika en veral op die platteland.  Hy het ook melding gemaak van nuwe opwindende projekte in sake nuwe hospitale en die opgradering van reeds bestaande fasiliteite.


Deel in Universiteit Stellenbosch se
sosiale netwerke by:

Facebook twitter Flickr Media foto's YouTube LinkedIn

NOMA Magistergraad studente begin met opleiding in Suid-Afrika

Studente ingeskryf vir die NOMA Magistergraad Module in Voeding, Menseregte en Regering is spesiaal verwelkom deur prof Russel Botman, Rektor van die Universiteit Stellenbosch en personeellede van die Afdeling Menslike Voeding by die bekendstelling, gehou by die Stellenbosch Fakulteit Gesondheidswetenskappe op 8 Junie 2011. Lees meer...


Gesprekke rondom gestremdheid moet verander, sê besoekende teoloog Gemeenskappe en kerke moet anders begin praat oor gestremdheid.
Só het prof Thomas Reynolds van Emmanuel College, Toronto, Ontario, Donderdag (19 Mei) gesê. Hy was die hoofgasspreker op die tweede dag van die Konferensie oor Teologie, Gestremdheid en Menswaardigheid wat gesamentlik deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Teologie en die Sentrum vir Rehabilitasiestudies in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aangebied word. Lees meer...



Foto:  Tygersig Primêre skoolonderwyseres, me Anthea Geswindt en haar Graad 5 leerders.

Massiewe skoonmaakveldtog - 'TB Free Kids'
Kinders van sewe skole in Uitsig naby Parow, het 1,800 sakke rommel binne twee ure versamel op Vrydag, 22 Julie.  Die massiewe skoonmaakveldtog is gesamentlik georganiseer deur sewe skole in die area en "TB Free Kids", 'n organisasie wat bestuur word deur die Desmond Tutu TB-sentrum van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.  Die leerders in hierdie area, wat hoë tellings van TB het,  het entoesiasties deelgeneem aan die skoonmaakveldtog, wat deel gevorm het van Madiba-dag feesvierings.



 

 


Arbeidsterapie se 50ste herdenking
Arbeidsterapie het tydens 14 - 16 Julie, hul 50ste herdenking gevier met verskeie funksies.  Op die foto (2de van links), is mev Susan Beukes, hoof van die afdeling Arbeidsterapie tesame met 3 voormalige hoofde van die afdeling;  (links) mev Betty Strydom;  (2de van regs) mev Ann O'Shea, wat tans woonagtig is in Engeland en (heel regs) prof Ruth Watson.


 


Dalene de Swart wen gesogte toekenning
Me Dalene de Swart, van die afdeling Geneeskundige Virologie en wie tans tans 'n PhD in Mediese Virologie voltooi, is een van die drie PhD-studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat deel is van 10 vroue wat as wenners van die 2011 LOréal-UNESCO Regional Fellowships For Women in Science (FWIS) in Sub-Sahara-Afrika aangewys is. Hulle ontvang elk beurse ter waarde van US$20 000.

Lees meer ....




Gesondheidswetenskappe stel nuwe dekaan bekend aan rolspelers
"Ons is vanaand hier om fees te vier - 'n fees ter ere van 'n nuwe leier in ons midde." Dit was die woorde van Prof Russel Botman, Rektor van die Universiteit Stellenbosch, tydens die heildronk wat hy op die nuwe dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Prof Jimmy Volmink, tydens 'n Feesdinee te Wallenbergsentrum, STIAS in Stellenbosch op 12 April 2011 ingestel het. Lees meer...
Foto (vlnr): Proff Russel Botman; Jimmy Volmink en Wynand van der Merwe (voormalige dekaan, Fakulteit Gesondheidswetenskappe)


FGW Dekaan kuier saam met studente

Prof Jimmy Volmink, Dekaan van die Fakulteit, het onlangs sy verhouding met Fakulteitstudente versterk deur saam met hulle by hulle onderskeie koshuise / privaatwyke tydens 'n informele geselligheid te kuier. Prof Volmink het tydens die geleentheid die studente bedank vir hulle toegewydheid tot hul studies asook die Fakulteit. Foto: Prof Jimmy Volmink (middel) saam met PSO Osler (privaatwyk) huiskomiteelede. 
Klik hier vir foto's van die onderskeie geleenthede.


Ondersteun TB-navorsing

Dr Santiago Ramon, 'n na-doktorale en tuberkulose navorser van die Departement Mikrobiologie University of British Columbia, het onlangs aansoek gedoen vir befondsing van Grand Challenges Canada vir 'n TB-navorsingsprojek in samewerking met Prof Andreas Diacon (Stellenbosch Afdeling Geneeskundige Fisiologie). Klik hier vir 'n 2-minute, nie-tegniese video wat die projek beskryf. Befondsingsaansoeke word gedeeltelik beoordeel op hoe effektief die wetenskaplike met die publiek skakel. Die skakeling van die publiek met hierdie video sal gemeet word aan die aantal persone wat op die "Like" opsie regs van die video klik, wat gevolglik 'n impak op die besluite rakende die befondsing het.


Kinders baat by US vigs-navorsing
Die stryd teen die Menslike Immuniteitsvirus (MIV) onder kinders vorder goed. Só het prof Mark Cotton, Hoof van...


Vierde uitgawe van Clinical Gynaecology bekendgestel

Die vierde uitgawe van die handboek, Clinical Gynaecology, is onlangs tydens 'n funksie by die Stellenbosch Fakulteit Gesondheidswetenskappe bekendgestel.  Die boek, uitgegee deur Juta, is vir die eerste keer in 1993 in Engels gepubliseer en meeste van die outeurs was afkomstig van die Universiteit Stellenbosch.  Met hierdie uitgawe het outeurs van alle mediese skole in Suid-Afrika 'n bydrae gelewer. Hierdie handboek word as die vernaamste handboek in sy onderwerpveld aanvaar en is bekend regoor Suid-Afrika. Lees meer...


Kliniese Genetika en Genetiese Berading geopen

Die kantore van die Kliniese Genetika en Genetiese Beradingsgroep is amptelik tydens 'n funksie op 7 Februarie geopen. Hierdie groep dien as ' komponent van die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika en bied kliniese- en beradingsdienste aan pasiënte met verskeie genetiese- en geboorte afwykings. Die kantore is op die 3de vloer op die Fisangebou geleë en kliniese- en ander navrae kan gerig word aan dr Michael Urban (urban@sun.ac.za). Foto (vlnr): Prof Paul van Helden (Hoof Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika); Dr Michael Urban en prof Greetje de Jong.



Aartsbiskop Tutu 'Kicks TB' in Gugulethu

Aartsbiskop Desmond Tutu het op 25 Januarie 2011, 'n spesiaal gereelde 'Kick TB' geleentheid by die Andile Primêr in Gugulethu bygewoon.  650 leerders het elkeen 'n 'Kick TB' sokkerbal ontvang en die TB boodskap geïnternaliseer soos nog nooit tevore. Gees is gebou toe Aartsbiskop Tutu, Prof Russel Botman (Rektor van die Universiteit Stellenbosch), Dr Alberta Mayberry (Verenigde State Konsul-generaal) en Mnr David Mametja (Natsionale Departement van Gesondheid) sokkerballe fisies na die doelboks geskop het om te demonstreer hoe TB simptome uit Gugulethu 'geskop' moet word. Die Kick TB-veldtog is 'n gesamentlike inisiatief van die Nasionale Departement van Gesondheid en Universiteit Stellenbosch Desmond Tutu TB Sentrum.
» Klik hier vir die video


Dink 'buite die boks' is JOOL-komitee se uitdaging aan studente; opwindende program skop naweek af
'Dink buite die boks'. Dit is die uitdaging wat vanjaar se JOOLkomitee aan Matie-studente stel en met 'n...


Ons eerstejaars arriveer op kampus!


Prof Jimmy Volmink, Dekaan van die Fakulteit verwelkom die eerstejaars en hul ouers tydens 'n geleentheid op Tygerbergkampus.
Klik hier vir die fotogallery


YouTube > Gesondheidswetenskappe Gradeplegtigheid 7 Desember 2010

Geluk aan al ons graduandi van 2010!


Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik