 |
|
|
|
In die hart van Stellenbosch, op die hoek van Victoria- en Rhyneveldstraat is die Ou Hoofgebou - die FAKULTEIT REGSGELEERDHEID van Stellenbosch Universiteit
|
 |
Die Fakulteit Regsgeleerdheid het 'n lang en trotse tradisie van uitnemendheid in regsonderrig. Die fakulteit het in 1921 tot stand gekom en lewer jaarliks afgestudeerde studente van uitstaande kwaliteit. Ons alumni sluit in: lede van die regbank, advokate, akademici en regspraktisyns. Hierdie oud-studente het 'n groot bydrae gelewer, nie net in die regsprofessie nie, maar ook op politieke en ekonomiese vlak.
|
 |
|
|
 |