Stellenbosch University home page
Untitled Document
» Maak my bladsy Engels
GeskiedenisGeskiedenis
NuusNuus
Uitruil- en SamewerkingsooreenkomsteUitruil- en Samewerkingsooreenkomste
BeurseBeurse
PublikasiesPublikasies
NavorsingNavorsing
TuisTuis
US TuisUS Tuis
Kontak Ons:

Pos adres
Privaatsak x1
Matieland
7602
Suid Afrika
Fisiese adres
Hoek van Rhyneveld- en Victoriastraat
Stellenbosch
Telefoon: +27 (0)21 808 4853
Faks: +27 (0)21 886 6235
E-pos: Me Yolandi Sylvester - yolandi@sun.ac.za


BEURSE

LLB
LLM gedoseerde program
LLM (Tesis) en LLD


LLB:

Adams & Adams-beurs:
'n Beurs word jaarliks deur Adams & Adams aan 'n LLB-student beskikbaar gestel op grond van verdienste en behoefte.

Amicus Fonds beurs:                                                                                                                                  Die Amicus Fonds is opgerig deur alumni van die Fakulteit Regsgeleerdheid. Die fonds ken jaarliks 'n paar beurse toe aan behoeftige studente en voorkeur word gegee aan studente met histories benadeelde agtergronde. Die beurs dek ongeveer die klasgelde van een akademiese jaar en is beskikbaar aan studente geregistreer vir die nagraadse LLB program of die finalejaar van die LLB vier-jaar program. Daar bestaan slegs een rondte van aansoeke in September / Oktober van elke jaar en belangstellendes moet die voorgeskrewe aansoekvorm beskikbaar by die dekaan se sekretaresse voltooi.

Appèlregter FW Beyers-beurs :
Een beurs vir een jaar wat jaarliks op grond van uitmuntende prestasie in die eerste jaar van BA (Regsgeleerdheid) of BComm (met Regsvakke) toegeken word uit die nalatenskap van wyle appèlregter FW Beyers.

Buchanan Boyes-beurs:
Dié Kaapstadse prokureursfirma ken jaarliks 'n beurs toe aan 'n voorfinalejaar-regstudent wat die meeste belofte as toekomstige prokureur toon. Die toekenning geskied op grond van akademiese prestasie, buitemuurse aktiwiteite en karakter. Onderhoude word gedurende die eerste semester deur verteenwoordigers van die firma gevoer met kandidate wat deur die fakulteitskomitee van die Fakulteit Regsgeleerdheid aangewys is.

Cliffe Dekker Fuller Moore Ing.-beurs:
Die Johannesburgse prokureursfirma Cliffe Dekker Fuller Moore Ing. ken jaarliks 'n beurs op grond van meriete en behoefte toe aan 'n belowende LLB III-student.

Georgala-familie-beursfonds:
Finansiële bystand aan behoeftige studente uit voorheen benadeelde bevolkingsgroepe in die voorfinale en finale LLB-studiejare.

Smuts, Kemp en Smal Ing.-beurs:
Twee beurse word toegeken aan vierdejaar-LLB-studente wat beoog om as prokureurs te praktiseer en afkomstig is uit voor¬heen benadeelde gemeenskappe. 'n Goeie akademiese rekord, goeie mensever¬houdinge en veelsydigheid is noodsaaklik. Die beurs word bekostig uit 'n jaarlikse skenking van die prokureursfirma Smuts, Kemp en Smal Ing. (Belville).

Stonehage Groep Beurs:
Die Stonehage groep, 'n internasionale batebestuur en trustdienstegroep, verskaf finansiële ondersteuning aan behoeftige studente in die tweede, derde en finale studiejare van die LLB program.

Stonehage Eerstejaarsbeurs:
Twaalf beurse, insuitende omvattend volle klasgelde, is beskikbaar gestel vir 2009  ingevolge 'n strategiese vennootskap tussen die Stonehage Groep en die Stellenbosch Regsfakulteit vir akademies begaafde studente, veral ook uit voorheen benadeelde gemeenskappe wat registreer vir die eerste jaar van die BA (Regte), B Comm (Regte), LLB of BRek LLB programme.  Voorkeur sal gegee word aan aansoekers van die Bloemhof Hoër Meisieskool; Kayamandi Hoërskool; Lückhoff Hoërskool Paul Roos Gimnasium, Rhenish Hoër Meisieskool en Stellenbosch Hoërskool.

The Link-SA Trust-beurs:
Finansiële bystand aan behoeftige studente uit voorheen benadeelde bevolkingsgroepe in die voorfinale en finale LLB-studiejare.

Visagie, Vos en Vennote-beurs:
'n Beurs word jaarliks toegeken aan 'n behoeftige LLB III-student.

Webber, Wentzel & Kie.-beurs:
Die nasionale prokureursfirma Webber, Wentzel & Kie. ken jaarliks 'n beurs toe aan 'n voorfinalejaar-LLB-student wat akademies goed presteer en besondere belofte as toekomstige prokureur toon.

Vir meer inligting oor voorgraadse beurse, soos geadministreer deur die Beurse- en Leningskantoor van Stellenbosch Universiteit, besoek asb: http://web-apps.sun.ac.za/beurse/Abeursframes_all.html

Terug na bo


LLM gedoseerde program:
Vir meer inligting oor nagraadse beurse soos geadministreer deur die Beurse- en Leningskantoor van Stellenbosch Universiteit, besoek asb: http://web-apps.sun.ac.za/beurse/Abeursframes_all.html

Terug na bo


LLM (Tesis) en LLD:
Bradlow Menseregte Beurs: Annette King by ak1@sun.ac.za
Vir meer inligting oor nagraadse beurse soos geadministreer deur die Beurse- en Leningskantoor van Stellenbosch Universiteit, besoek asb: http://web-apps.sun.ac.za/beurse/Abeursframes_all.html

Terug na bo



 

 

Terms and Conditions(.pdf)
All rights reserved © 2006 Stellenbosch University