Stellenbosch University home page
Untitled Document
» Maak my bladsy Engels
GeskiedenisGeskiedenis
NuusNuus
Uitruil- en SamewerkingsooreenkomsteUitruil- en Samewerkingsooreenkomste
BeurseBeurse
PublikasiesPublikasies
NavorsingNavorsing
TuisTuis
US TuisUS Tuis
Kontak Ons:

Pos adres
Privaatsak x1
Matieland
7602
Suid Afrika
Fisiese adres
Hoek van Rhyneveld- en Victoriastraat
Stellenbosch
Telefoon: +27 (0)21 808 4853
Faks: +27 (0)21 886 6235
E-pos: Me Yolandi Sylvester - yolandi@sun.ac.za

-------------------------------

Vakature - Dekaan

Kliek hier vir die volledige vakature en ander vakatures

Kliek hier vir die generiese posbeskrywing vir 'n Fakulteitsdekaan


DEPARTEMENT PUBLIEKREG

Die Departement Publiekreg is verantwoordelik vir voor- en nagraadse modules sowel as navorsing in administratiefreg, staatsreg, strafreg, strafprosesreg, menseregte, internasionale reg, internasionale strafreg, bewysreg, regsfilosofie, en sosio-ekonomiese regte. Verpligte voorgraadse sowel as 'n aantal finalejaar LLB keusemodules word deur lede van die departement doseer. LLM modules in Gevorderde Suid-Afrikaanse Menseregte, Internasionale Strafreg, en Mediese Reg word ook aangebied.

Die departement handhaaf 'n sterk verbintenis tot relevante navorsing van hoogstaande gehalte. Transformatiewe konstitusionalisme; nasionale, transnasionale en internasionale ontwikkeling in strafreg en strafprosesreg; en die inhoud en betekenis van besondere fundamentele regte is van die navorsingstemas wat aangespreek word. Die departement het een van die beste navorsingsuitsette aan die Universiteit van Stellenbosch die afgelope 5 jaar. Verder het die departement ook 'n groot aantal ingeskrewe magister (tesis) en doktorale studente. Die Harry Oppenheimer Leerstoel in Menseregte setel in die departement, en daar is noue samewerking tussen die departement en die SARCHI Leerstoel in Sakereg.

Lede van die Departement Publiekreg is daartoe verbind om met die bree akademiese, professionele en burgerlike gemeenskappe te skakel. Lede dien in verskeie hoedanighede op die rade en besture van nie-regeringsorganisasies, staatsliggame, spesialisorganisasies, en op die redaksionele adviesrade van akademiese vaktydskrifte.

Daar bestaan in die Departement Publiekreg 'n lang tradisie om goeie verhoudinge met internasionale akademici en akademiese instellings op te bou en uit te bou. Sodoende vind daar internasionale samewerking plaas, terwyl 'n belangrike bydrae gelewer word tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg in die konteks van 'n oppermagtige Grondwet. 
 

Navrae:  Mev A King, Tel: +27 21 808 3195, ak1@sun.ac.za

» Gaan na personeel inligting

Suid-Afrikaanse Leerstoel in Sakereg

 

Terms and Conditions(.pdf)
All rights reserved © 2006 Stellenbosch University