Stellenbosch University home page
Untitled Document
» Maak my bladsy Engels
GeskiedenisGeskiedenis
NuusNuus
Uitruil- en SamewerkingsooreenkomsteUitruil- en Samewerkingsooreenkomste
BeurseBeurse
PublikasiesPublikasies
NavorsingNavorsing
TuisTuis
US TuisUS Tuis
Kontak Ons:

Pos adres
Privaatsak x1
Matieland
7602
Suid Afrika
Fisiese adres
Hoek van Rhyneveld- en Victoriastraat
Stellenbosch
Telefoon: +27 (0)21 808 4853
Faks: +27 (0)21 886 6235
E-pos: Me Yolandi Sylvester - yolandi@sun.ac.za

-------------------------------

Vakature - Dekaan

Kliek hier vir die volledige vakature en ander vakatures

Kliek hier vir die generiese posbeskrywing vir 'n Fakulteitsdekaan


GESKIEDENIS

Stellenbosch is geleë in die hart van die wynlanddistrik, Boland. Die onstaan van Stellenbosch Universiteit dateer terug tot 1866 met die opening van Stellenbosch Gymnasuim. Hierdie Gymnasium het later ontwikkel tot die "Lettere Departement" wat weer in 1881 gegroei het tot "Stellenbosch Kollege". In 1887 is hierdie instansie weer herbenoem ter eer van die Koningin Victoria van Engeland en het toe bekend gestaan as die "Victoria Kollege". Na die uniewording van Suid-Afrika het ernstige samesprekings oor die vestiging van een nasionale universiteit in Kaapstad die voortbestaan van hierdie Kollege bedreig. Teen 1918 was die regering egter oortuig van die belangrikheid van die voortbestaan van hierdie Kollege en het dit die Universiteit van Stellenbosch genoem. 

Die Fakulteit Regsgeleerdheid is geleë in die Ou Hoofgebou, op die hoek van Victoria- en Rhyneveldstraat.  Hierdie gebou was aanvanklik, in 1886, ingehuldig as die hoofgebou van die "Victoria Kollege". Die gebou is ook 'n monument ter huldiging van die 200ste herdenking van die vestiging van hierdie dorp deur Simon van der Stel in 1686.

Die Fakulteit Regsgeleerdheid van Stellenbosch Universiteit het in 1921 tot stand gekom. Aanvanklik het die fakulteit gefokus op LLB-grade ; om studente op te lei en die nodige vaardighede aan te leer as regspraktisyns en juriste. Oud-studente van hierdie fakulteit sluit in: lede van die regbank, advokate, prokureurs, politici, akademici, leiers in besigheid ens. In 1976 is die LLM (Tesis) graad vir die eerste keer toegeken aan twee studente. Die Fakulteit het ook later, in 1994 die LLM (gedoseerde) program vir die eerste keer bekend gestel. Hierdie LLM-program is baie gewild ook onder internasionale studente. Die Fakulteit verwelkom jaarliks studente van oa Duitsland, Nederland, België en ook studente van die Afrika kontinent, bv Zimbabwe, Botswana, Kenya, Tanzanië en Nigerië.

Dekane van die Fakulteit Regsgeleerdheid, Stellenbosch Universiteit

Prof Mortie Malherbe  1921 - 1955
Prof JC de Wet  1965 - 1968
Prof AB de Villiers 1968 - 1971
Prof YP Yeats 1971 - 1973
Prof WM van der Westhuizen 1973 - 1975
Prof AH van Wyk  1977 - 1980
Prof AB de Villiers  1981 - 1982
Prof AH van Wyk  1983 - 1984
Prof HJ Erasmus 1985 - 1987
Prof CG van der Merwe  1988 - 1990
Prof JSA Fourie  1991 - 1994
Prof JSA Fourie 1994 - 2004 (Eerste permanente aansteling as dekaan)
Prof GF Lubbe 2004 - 2005 (Waarnemende dekaan)
Prof MJ de Waal  2005 - 2006
Prof GF Lubbe 2007 -  tot op datum

 

Terms and Conditions(.pdf)
All rights reserved © 2006 Stellenbosch University